Tuis Blad | Geskiedenis | Kontak Ons

San Evangelisasie

Baie welkom by die webtuiste van die Deputaat Evangelisasie van Klassis Etosha.
Die Gereformeerde Kerk in Namibië is in opdrag van onse Here Jesus Christus betrokke by sending / evangelisasie.
Dit word gedoen in gehoorsaamheid aan:

  • Die GROOT GEBOD in Mat 22:37-40 :-
    Jesus antwoord hom: “’Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelykstaan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”
  • Die GROOT OPDRAG in Mat 28:18-20 :-
    Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan my is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle bevel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Op hierdie webtuiste bied ons aan u ‘n kort historiese oorsig van die werk wat gedoen is om die Bybel in een van die Boesman dialekte, !Kung, te vertaal.

Daar is ook inligting oor die werk wat spesifiek gedurende 2008 onder die San van die Omaheke-streek, Hippo en omgewing, gedoen is. Die Omaheke-streek is aan die oostekant van Namibië geleë. Gobabis is die belangrikste dorp in die streek en Hippo is sowat 40 km noord van Gobabis geleë.

Nuus:

Bly op hoogte met gebeure tov die San Evangelisasie. Ons dateer die nuus gereeld op. Maak daarom seker dat jy hierdie webtuiste gereeld besoek.

Kalbassie 10/11

Datum: 2011-12-07

Die laaste uitgawe van die Kalbassie vir 2011. In die gereelde skrywe word berig oor gebeure by die Gereformeerde Kerk Sanveld.

Kalbassie 9/11

Datum: 2011-12-07

Byna jaareinde en hier is die varsste nuus van die Gereformeerde Kerk Sanveld.

Kalbassie 8/11

Datum: 2011-12-07

In die maandelikse Kalbassie word nuus oor die aktiwiteite op die sendingveld van die Gereformeerde Kerk Sanveld deurgegee.

Kalbassie 7/11

Datum: 2011-12-07

Die maandelikse nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Sanveld.

Kalbassie 6/11

Datum: 2011-07-05

Die sesde uitgawe van die Kalbassie vir 2011. Die nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Sanveld het sommer heelwat opwindende leesstof oor die nuutste verwikkelinge in die gemeente.

Kalbassie 5/11

Datum: 2011-06-08

DIe nuutste inligting oor die werk onder die San van die Omaheke - die Gereformeerde Kerk Sanveld se nuusbrief.

Kalbassie 4/11

Datum: 2011-05-12

Hierdie is reeds die vierde nuusbrief vir 2011.

Kalbassie 3/11

Datum: 2011-04-14

Lees die jongste nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Sanveld

Kalbassie 2/11

Datum: 2011-03-03

Die tweede uitgawe in 2011 van die nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Sanveld.

Kalbassie 1/11

Datum: 2011-02-03

Die eerste uitgawe van Kalbassie vir 2011. In die kort nuusbrief word enkele hoogtepunte van die bediening in die Gereformeerde Kerk Sanveld saamgevat. Lees onder andere meer oor die nuutste uitreikaksie en leer ken evangelis Thomas Tsebe.

Kalbassie 1/10

Datum: 2010-12-05

Die eerste uitgawe van Kalbassie, nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Sanveld. Ontmoet onder andere die leraar, ds Dirk Kotzee.

Eerste Kerkraadtoerusting

Datum: 2010-12-02

Einde Oktober 2010 is die eerste volwaardige toerustingsgeleentheid vir die Sanveld Kerkraad aangebied. Die fokus het grootliks op hoe 'n ouderling lyk geval. 'n Wonderlike geleentheid vir groei wat deur dr Callie Opperman aangebied is.

Herinnering

Datum: 2010-10-06

Ds Flip van der Westhuizen het die Bybel in die Kung Boesman vertaal. Dit is op band geneem met Sisawa Abusema as die voorleser. Hy het ook oor baie jare saam met ds Flip aan die vertaling gewerk. Adriana van der Westhuizen, die eggenoot van ds Flip, het na sy dood in 2000 klankkassette van die Kung Bybel onder die San van die Omaheke en ook na Tsumkwe versprei. Ons het tussen haar foto's afgekom op drie baie interressante en geskiedkundige foto's, nl sy saam met Sisawa tydens die uitdeel van die klankkasstte, die eerste belydende San-lidmaat van ds Flip ontvang sy Kung Bybel klankkasset, en een van die egpare wat ds Flip nog in die eg verbind het. Verder het ons ook 'n foto opgediep van die afgevaardigdes na die San Evangelisasie Konferensie van Februarie 2008, net toe ouderling Kobus Kotzé op Hippo begin het om die leisels van die San-bediening op te tel nadat dit vir 'n paar jaar slap gehang het.

Bevestiging van eerste leraar, ds Dirk Kotzee

Datum: 2010-05-25

Die eerste dominee van die Gereformeerde Kerk Sanveld is op 23 Mei 2010 op Hippo bevestig! God het in die verlede voorsien! Hy het nou voorsien! Hy sal ook in die môres wat kom, voorsien! Soli deo Gloria!

Gemeentenuus en Uitreikaksies

Datum: 2009-12-18

Die Gereformeerde Kerk Sanveld se grense is duidelik getrek, die gemeente-administrasie begin op gladde wiel rol en hulle het reeds 'n beroep uitgebring. Meer inligting oor dié sake word in die kort nuusverslag gegee. Daar word verder ook vertel van die uitreikaksies van Gereformeerde Kerk Cachet, NG Kerk Witbank, Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid asook die ATKV Jeugtak van Windhoek Afrikaanse Privaatskool se bydraes om die lidmate van Gereformeerde Kerk Sanveld te ondersteun.

Besoek uit Suid-Afrika

Datum: 2009-10-14

Middel Augustus en begin Oktober het onderskeidelik prof Sarel van der Merwe en ds Ben Fourie by Hippo besoek afgelê. Altwee wou meer inligting oor die Gereformeerde Kerk Sanveld bekom en altwee het aangebied om met opleiding en toerusting van die gemeente betrokke te raak.

Gesigstudies

Datum: 2009-08-30

Die gesigte van die San vertel 'n eie verhaal. In hierdie dokument is 'n samestelling van die gesigte van lidmate uit die Gereformeerde Kerk Sanveld - van babaswak tot horingoud.

Gemeentestigting 18/19 Julie 2009

Datum: 2009-07-27

DIe naweekvan 18/19 Julie 2009 - na bykans vyftig jaar van sending en evangelisasie - is die eerste Gereformeerde Boesman Gemeente in Namibië gestig. Eintlik het die gemeente al lankal bestaan- as deel van Gereformeerde Kerk Gobabis - sodat dit slegs afgestig het. Sowat 400 mense, klein en groot, het die feesgebeure meegemaak.Onder die besoekers was baie besondere gaste met baie besondere bande met die Kung Boesman van die Omahekestreek. Lees die verslag en deel in die vreugde van die naweek.

Een week op Hippo

Datum: 2009-05-13

'n Mens hoor dikwels van sendingwerk wat iewers gedoen word, maar dit is nie realiteit nie - dit bly iets misterieus ver. Attie van Wyk het vir een week op Hippo gaan bly en elke oomblik saam met Kobus Kotzé beweeg onderwyl hy met die Boesmans van die Omaheke-streek werk. Hierdie joernaal bevat sy dagboekinskrywings. Beleef die werk onder die Boesmans saam met hom.

Bediening onder die San in die Omaheke streek gedurende 2008

Datum: 2009-02-27

Sedert Februarie 2008 is meer intensiewe bearbeiding in Hippo en omgewing moontlik aangesien 'n lidmaat van die GKSA, Kobus Kotzé, voltyds op Hippo woon en die evangelisasie-aksie bestuur. Danksy harde werk en deur die aktiewe ondersteuning van die plaaslike Gereformeede gemeente asook die breë gemeenskap is baie reeds bereik. Lees meer oor die verloop van gebeure in 2008.

U kan ons kontak: Skakelpersoon: Attie van Wyk | E-posadres: avanwyk95@gmail.com | Selnommer: +264-811488318